On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
Show Background
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with OFM
Listen Live Streams

National

Ontplooiing van Weermag 'ongrondwetlik'

───   07:07 Fri, 21 Sep 2012

Ontplooiing van Weermag 'ongrondwetlik' | News Article
Johannesburg - Die DA het die ontplooiing van die Nasionale Weermag in die land vir die volgende vier maande as ongrondwetlik bestempel. Dit volg nadat President Jacob Zuma aangekondig het dat die weermag ontplooi gaan word om die polisie by te staan op Marikana en elders in die land tot aan die einde van Januarie. DA-woordvoerder vir verdediging, David Maynier sê die kennisgewing oor die ontplooiing is te vaag, en beteken die Presidensie kan enige aantal soldate enige plek in die land ontplooi vir die doeleindes van misdaadbekamping en handhawing van wet en orde. Maynier sê die president is veronderstel om die Parlement in te lig oor die redes vir die ontplooiing van die weermag.

SAUK

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.