National
Lasbrief glo uitgereik vir Malema se inhegtenisname─── 14:50 Fri, 21 Sep 2012

Johannesburg – ‘n Lasbrief vir die inhegtenisname van Julius Malema is Vrydagoggend uitgereik, het City Press berig.
Die geskorste leier van die ANC-jeugliga sal na verwagting volgende week in die hof verskyn.
Eyewitness News het vroeër in die week berig dat Malema moontlik voor die einde van die week in hegtenis geneem kan word.
Dit volg ná die Valke se ondersoek oor bewerings van korrupsie teen Malema ten einde geloop het.
Malema het na bewering gedurende sy ampstermyn as president van die ANCYL verskeie sakemanne van Limpopo gehelp om tenders te wen.
EWN het bevestig dat die Valke se ondersoek oor Malema se Ratanang Familietrust, belastingonreëlmatighede en bewerings van tenderbedrog teen hom, amptelik voltooi is, en dat Malema moontlik al voor die einde van die week in hegtenis geneem kan word.
Die Valke het intussen ook gesê die polisie se speureenheid het die ondersoek oorgeneem na bewerings van aanhitsing tot geweld wat teen Malema gemaak is deur die vakbond Solidariteit.
Malema is Maandag toegang geweier tot ‘n byeenkoms waar mynwerkers in die Noordwes ingelig is oor verwikkelinge rakende hul eis vir beter lone.
Die polisie het Malema by die hek van die Wonderkop-stadion voorgekeer, waar die werkers vergader het vir die inligtingsessie.
Ná ‘n lang gesprek het Malema weggery. Hy is deur sowat 10 polisievoertuie vergesel.
Nuus24