On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Bredasdorp verdagtes verskyn vandag

───   09:29 Tue, 12 Feb 2013

Bredasdorp verdagtes verskyn vandag | News Article
Bredasdorp - Twee mans wat van die moord op en verkragting van Bredasdorp tiener Anene Booysen verdink word sal vandag in die Bredasdorp Landdroshof verskyn. Die 21-jarige Johannes Kana, het gister vlugtig in die hof verskyn en sy gesig met 'n handdoek bedek toe hy in die klein hofsaal in gelei is. Kameramanne en fotograwe het gespook om 'n foto van die maer man met tatoeëermerke op albei sy arms te kry. Die hof het Kana se saak by dié van die eerste verdagte, die 22-jarige Jonathan Davids gevoeg. Hulle sal vandag saam in die hof verskyn sodat hulle saam aangekla kan word. Davids het reeds verlede week in die hof verskyn. Hy is kort na die moord aangekeer nadat Anene kort voor haar dood 'n verdagte geïdentifiseer het. Aanklagte teen 'n derde verdagte is die naweek laat vaar en hy is vrygelaat.

Sapa*

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.