On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Anny
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

National

Tafelberg-aanvalle kwel steeds

───   14:45 Fri, 15 Feb 2013

Tafelberg-aanvalle kwel steeds | News Article
Kaapstad - Vyf aanvalle op Tafelberg in Kaapstad vanjaar het opnuut vrese oor veiligheid laat ontstaan, het die Cape Times Vrydag berig.

Misdadigers teiken gebiede soos Rhodes Memorial, Duiwelspiek, Leeukop en Seinheuwel.

In 2007 was daar 21 aanvalle op 70 mense. Dít het afgeneem na 10 aanvalle in 2009 en weer in 2011 tot 38 gestyg.

Liggame wat stappers en motorfietsryers verteenwoordig, het onlangs vergader om die misdaadtendense te bespreek asook maniere om veiligheid te verbeter.

"Hulle hou ons dop soos ons hulle dophou. Sodra daar niemand by die bemanningspunte is nie, slaan hulle weer toe," het André van Schalkwyk van Table Mountain Watch gesê.

Volgens die berig is daar op die vergadering ooreengekom dat meer veldwagters dit moeiliker sal maak vir misdadigers om ongesiens in die gebied rond te beweeg.

Sapa


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.