National
Realiteitsreeks waaraan Reeva Steenkamp deelgeneem het steeds uitgesaai─── 09:23 Sat, 16 Feb 2013

Port Elizabeth - Die realiteitsreeks, die Tropika Island of Treasure, waaraan Reeva Steenkamp, die vermoorde vriendin van Oscar Pistorius deelgeneem het, sal steeds van vanaand af op SABC 1 uitgesaai word.
Die SAUK-berig dat 'n huldeblyk aan Steenkamp voor elke program uitgesaai sal word. Die uitsaaier sê Steenkamp se ouers het toestemming gegee dat die uitsending van die program kan voortgaan.
'n Gedenkdiens sal Dinsdag in Port Elizabeth vir Steenkamp gehou word. Sy is Donderdagoggend in Pistorius se huis doodgeskiet. Pistorius sal na verwagting ook Dinsdag in die hof op aanklagte van moord verskyn.
Michael Steenkamp, 'n lid van die Steenkamp-familie, sê Reeva se liggaam sal Dinsdag na haar tuisdorp teruggevlieg word en dat sy dieselfde dag in 'n privaatseremonie veras sal word.
Sapa