National
Sunette Bridges reageer op beskuldigings van rassisme─── LANI FOUCHÉ 06:46 Wed, 31 Jul 2013

Lani Fouché
Bloemfontein - Sunette Bridges, sangeres en dogter van wyle sanger Bles Bridges, het haar ongelukkigheid uitgespreek oor die kansellasie van haar optrede by 'n kanker-liefdadigheidsorganisasie se fondsinsameingskonsert weens bewerings van rassisme.
Sy is deur Cancervive genader om verlede week by die Afrikaanse Protestantse Kerk in Naboomspruit te sing, wat sy gratis vir hulle sou doen.
Haar optrede is egter 'n dag voor die konsert gekanselleer nadat 'n skenker 'n brief aan Cancervive geskryf het waarin hy Bridges 'n 'opperste rassis' noem.
Bridges het met OFM Nuus gesels.
Bridges beskryf haarself as 'n kampvegter vir die voortbestaan van die Afrikaner-groepering, en is die stigter van die Boervrouliga.
Sy het gereageer op beskuldigings van rassisme.

Sunette Bridges:
Sunette Bridges: