On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

National

Steve Hofmeyr sing “Die Stem” by Innibosfees

───   16:32 Sun, 06 Jul 2014

Steve Hofmeyr sing “Die Stem” by Innibosfees | News Article
Nelspruit - Steve Hofmeyr, sanger en aktivis, het 'n groot debat op sosiale media ontlok nadat hy Saterdagaand Suid-Afrika se ou volkslied, Die Stem, by die Innibosfees in Nelspruit gesing het.

Hofmeyr het foto’s van die skare en 'n foto van hom saam met Juanita du Plessis en Bok van Blerk opgelaai en geskryf: “Maklik die Grootste Afrikaanse buitelug konsert op aarde! Vir die 1e keer moes Innibos die hekke sluit. En toe vat ek daai polities-inkorrekte kans en sing DIE STEM… en 45000+ mense staan op en sing dit soos een man – uit volle bors. Ekself het swaar gesluk. Dat niemand daardie lied vergeet het of ooit sal nie. Ek bars van trots. Dankie.”

Rinus van den Berg, 'n gebruiker op Facebook, was een van die persone wat kommentaar gelewer het. Hy skryf: “Nkosi Sikelel’ iAfrika is mooi maar dit is meer in die kategorie van 'n gesang as 'n volkslied. Die Stem is 'n volkslied in die ware sin van die woord en kom tot sy reg gespeel deur 'n militêre orkes. Ons Stem vergelyk baie goed met ander volksliedere van oor die aarde.”

Nog 'n Facebook-gebruiker wat kommentaar gelewer het, is Anrich Albert Marais. Hy skryf: “Hoe pas Die Stem sing in by integrasie in SA? Moet ons nie juis afstand doen van dit wat rusie tussen ons bring nie? Ek vat bv. die NG kerk. Daar kan nie herlewing in die NG kerk wees nie ek glo grootliks omrede dat dit vereenselwig word met die NP en apartheid. Steeds assosieer mense hulle met die goed wat afbreuk aan integrasie en had veroorsaak wat in geweld omsit.”

Steve het egter op Marais reageer en gesê: “Integrasie het ons die mees geweldadigste land gemaak laaaaank voor ek Die Stem gesing het. Ek vereenselwig die nuwe vlag & volkslied dáármee.”

Maroela Media

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.