National
Boeremusiek-veteraan Hennie van Loggerenberg oorlede─── 12:21 Sun, 03 Aug 2014

Johannesburg - Die boereorkeslegende Hennie van Loggerenberg is Sondagoggend oorlede.
Francois van Loggerenberg, sy seun, het Sondag aan Maroela Media bevestig Hennie is ná 'n lang siekbed oorlede.
Hennie het jare lank as vervaardiger by die SAUK gewerk en was ook beoordelaar van die boereorkeskompetisie op televisie. Hy was ook een van die hoofbeoordelaars op die Sakkie langarm-kompetisie op kykNET.
Hy laat vier kinders agter.
Maroela Media