On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Christoff Becker moet glo vir eers weer parool kry

───   09:12 Sat, 06 Dec 2014

Christoff Becker moet glo vir eers weer parool kry | News Article

Durban - Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, se regsverteenwoordiger het Vrydag bevestig dat die hooggeregshof in Pretoria gelas het dat Becker weer op parool vrygelaat moet word.

Jonatan Bouwer, 'n prokureur by Potgieter, Penzhorn & Taute Prokureurs, het aan Maroela Media gesê die hooggeregshof in Pretoria het Vrydagoggend die bevel gemaak nadat Becker 'n dringende aansoek gebring het.

Volgens Bouwer moet Becker op dieselfde voorwaardes vrygelaat word as toe hy op 11 Februarie vanjaar op parool vrygelaat is. Bouwer het gesê Becker se ma is op pad om hom by die Kokstad-gevangenis in KwaZulu-Natal te gaan haal.
 
Becker se aansoek om op parool vrygelaat te word is goedgekeur hangende 'n appèlaansoek. Sy regsverteenwoordigers het appèl aangeteken teen 'n hofbeslissing in September waarvolgens 'n vorige besluit van die paroolraad om sy parool terug te trek, nietig verklaar is. Daar is ook destyds beveel dat die saak weer na die paroolraad terugverwys moet word.
 
Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het in 2001 'n hawelose man in Pretoria doodgeslaan. Die vier is op 11 Februarie op parool vrygelaat en Becker en Du Preez is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe nadat 'n selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe Becker en Du Preez partytjie hou in die tronk. Becker is later na Kokstad oorgeplaas nadat 'n selfoon glo by hom gekry is.
Sapa

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.