On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Video: SAUK-joernaliste tydens regstreekse uitsending beroof

───   06:51 Wed, 11 Mar 2015

Video: SAUK-joernaliste tydens regstreekse uitsending beroof | News Article

Johannesburg - TV-joernaliste van die SAUK is gisteraand tydens 'n regstreekse uitsending in Johannesburg beroof.

'n Bydraende redakteur, Vuyo Mvoko, buitelandse redakteur, Sophie Mokoena en verslaggewer Chriselda Lewis was besig om voor te berei vir 'n regstreekse uitsending vir die nuusbulletin op SABC3 vanaf die Milpark-hospitaal in Johannesburg waar president Edgar Lungu van Zambië mediese toetse sou ondergaan.
 
In die beeldmateriaal wat uitgesaai is en wat toe deur die SAUK op YouTube gelaai is, kan gesien word hoe drie mans kort voordat die uitsending begin agter Mvoko verbystap en dan terugdraai. Een van die mans gryp na Mvoko, oënskynlik om die selfoon in sy hand te vat. Een van die verdagtes was glo gewapen.
 
Die rowers het gevlug.

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.