National
Verdagtes in SAUK-roof in hof─── 09:35 Tue, 17 Mar 2015

Johannesburg - Vier verdagtes het Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn nadat hulle glo verlede week SAUK-joernaliste buite die Milpark-hospitaal in die stad beroof het.
The Star het Dinsdag berig Alfred Tlougameli, Clement Mncube, Pascal Junior en Modin Modin het verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en sal na verwagting ook aangekla word van die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen.
Die verhoor was 'n ruk lank vertraag omdat drie van die vier mans gespesialiseerde tolke versoek het voor die verhoor kon voortgaan.
Die polisie het gesê dat twee van die verdagtes positief verbind word met die rooftog en twee mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo van die gesteelde ware gekoop het.
Die verslaggewers Vuyo Mvoko en Chriselda Lewis het Dinsdagaand gereedgemaak vir 'n regstreekse uitsending om te berig oor die Zambiese president Edgar Lungu se aankoms by die hospitaal. Die kameras het reeds gerol en die gesigte van die verdagtes is duidelik sigbaar.
Mvoko het later tydens 'n onderhoud gesê dat een van die mans hom met 'n geweer gedreig het toe hy nie dadelik sy selfoon wou oorhandig nie.
Sapa