National
Eskom 'moet deur ingenieurs bestuur word'─── THANDI XABA 17:15 Wed, 18 Mar 2015

Johannesburg - Eskom moet deur ingenieurs bestuur word sodat die huidige 18 000 MW kragtekort uitgewis kan word.
Dit is volgens ’n verslag van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge wat vandag vrygestel is.
Dié verslag het bevind dat Suid-Afrika ’n veel groter tekort aan elektrisiteit het as wat algemeen geskat word.
Die Instituut se Mienke Steytler sê die wyse waarop die regering besig is om die energiekrisis aan te pak, gaan nie die probleem oplos nie.
Sy sê verder verskeie van die land se bestaande steenkoolkragstasies wat in die 1970's opgerig is sal teen 2030 of selfs vroeër vervang moet word.
Sy sê verder verskeie van die land se bestaande steenkoolkragstasies wat in die 1970's opgerig is sal teen 2030 of selfs vroeër vervang moet word.
Thandi Xaba/OFM-nuus
Mienke Steytler: