National
Sunette Bridges: Malema is 'n krimineel─── 14:36 Wed, 08 Apr 2015

Pretoria - Die kontroversiële sanger Sunette Bridges beskuldig die EFF-leier Julius Malema dat hy 'n krimineel is oor sy party die vandalisering van standbeelde in Suid-Afrika aanmoedig.
Bridges het aan ondersteuners by Kerkplein in Pretoria gesê sy sou in die tronk beland het indien sy háár volgelinge aangesê het om Nelson Mandela-beelde te vandaliseer.
Sy het by die Paul Kruger-beeld gepraat wat Maandag deur EFF-lede groen geverf is.
Die optog na die Kruger-beeld sluit lede van die Front Nasionaal-party, die Boere Vroueliga en die Vryheidsfont Plus in. Die optog is vergesel met plakkate met onder andere die woorde "Hou jul hande van ons erfenis af, hierdie is volksmoord" en "as koloniale beelde nie veilig is nie, is ons?"
Bridges het 'n petisie voorgelê wat meer as 12 000 mense onderteken het.
- News24
