On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

National

Storm bars los oor Phiyega sms aan DA LP

───   10:23 Wed, 19 Aug 2015

Storm bars los oor Phiyega sms aan DA LP | News Article

Kaapstad - Die polisie sê die sms-boodskap wat die Nasionale Polisiekommissaris Riah Phiyega aan die DA se Diane Kohler-Barnard gestuur het, was nie vir die publiek se oë bedoel nie.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, waarvan Kohler-Barnard 'n lid is, het gister gesê hy gaan ondersoek instel of dit wel Phiyega was wat die dreigende boodskap gestuur het.

Die polisiewoordvoerder, Solomon Makgale sê die boodskap behoort nie 'n parlementêre kwessie te wees nie aangesien dit aan Kohler-Barnard in haar persoonlike hoedanigheid gestuur is. Makgale sê Phiyega het gereageer op Kohler-Barnard se aanval op haar tydens 'n televisieonderhoud. 

ANA

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.