National
Ekonomiese faktore speel steeds 'n rol by rasseverdeling in SA─── 15:19 Wed, 09 Dec 2015

Pretoria - Dit blyk dat ekonomiese faktore steeds ’n bepalende rol in rasseverdeelheid in Suid Afrika speel.
Die Instituut vir Geregtigheid en Versoening (IJR)se jaarlikse verslag oor rasseverhoudinge het gevind dat 'n ondoeltreffende regering, nie genoeg werkskepping nie en die volgehoue nalatenskap van die apartheidsera sommige van die oorsake van verslegtende rasseverhoudinge is.
Sowat 67,3% van die ongeveer 2 000 korrespondente meen dat daar nie enige vertroue oor die kleurgrens is nie. Beleidshoof van die IJR, Jan Hofmeyr, meen versoening as ’n nasionale projek moet nagejaag word.
Mark Steenbok/OFM Nuus