On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

Dagga dalk gou beskikbaar vir mediese gebruik

───   14:22 Mon, 20 Feb 2017

Dagga dalk gou beskikbaar vir mediese gebruik | News Article

Kaapstad - Die medisynebeheerraad sal binnekort riglyne vir die verbouing van dagga vir medisinale gebruik publiseer, wat beteken dié plant kan binnekort vir gebruik deur goedgekeurde pasiënte beskikbaar wees.


Die Mercury berig dat IFP-LP, Narend Singh, per brief deur die medisynebeheerraad van hul planne ingelig is. Dit volg nadat IFP-LP, Mario Ambrosini, in 2014 kort voor sy dood aan kanker in die parlement gepleit het vir die wettiging van dagga in die gebruik van pynbeheer en vir ander medisinale doeleindes.

Onder die huidige raamwerk sal dagga onder streng voorwaardes voorgeskryf kan word en slegs onder mediese toesig gebruik kan word.

Die Suid-Afrikaanse anti-dwelm alliansie sê openbare en professionele bewusmaking van die gebruik sal ook aandag moet kry om te verseker dagga word as goedkoop, effektiewe, dog veilige middel ingespan in die mediese veld.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.