On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Poppie-hofsaak weer uitgestel

───   DANE BEISHEIM 14:20 Tue, 21 Feb 2017

Poppie-hofsaak weer uitgestel | News Article
Poppie van der Merwe

Brits - Kobus en Louisa Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, sal volgende maand weer in die Brits Landdroshof verskyn.


Albei se borgtogaansoeke was vroeër onsuksesvol. Die saak is uitgestel tot 28 Maart sodat 'n verhoordatum in die Hooggeregshof in Pretoria bepaal kan word. Poppie is die aand van 25 Oktober verlede jaar in 'n hospitaal in Brits dood nadat sy vermoedelik aangerand is. Sy het op 'n kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes saam met haar stiefpa, ma, en boetie gewoon.

- OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.