On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Verligting by vulstasies volgende week

───   07:13 Sun, 02 Jul 2017

Verligting by vulstasies volgende week | News Article
Gallo

Motoriste kan eerdaags verligting by vulstasies verwag.


Die departement van energie het gistermiddag aangekondig dat die prys van brandstof vandeeswee verlaag word. 

Die verlaging is te wyte aan die versterking van die rand asook die laer ru-olieprys. 

Oliepryse is op hul laagste vlakke vanjaar ná volgehoue verhoogde lewering deur Amerika, Libië en Nigerië.

Brent ru-oliepryse is ook op die laagste vlak in sewe maande en die Amerikaanse ru-olieprys op sy laagste sedert September 2016. 

Dit als bring mee dat Suid-Afrikaners vanaf middernag volgende Dinsdag onderskeidelik 68 en 69 sent per liter minder sal betaal vir 95 en 93 oktaan petrol. Diesel kos ook 60 sent per liter minder vir alle grade. Die prys van lampolie verlaag met 57 sent per liter en gas met 92 sent per kilogram.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.