National
SAOU bring hulde aan vroue met wengedig─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:50 Thu, 10 Aug 2017
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) in die Vrystaat bring vandeesmaand hulde aan vroue in die onderwys.
Die SAOU se Assistent Provinsiale Sekretaris, Ankia Bester, sê daar is besluit om as deel van die vroue-maandviering 'n gedigkompetisie vir sy lede aan te bied.
Belanghebbendes wat aan die kompetisie deelgeneem het, moes ‘n gedig skryf oor vroue in die onderwys. Bester sê talle gedigte, wat onder meer deur vroue in die onderwys en selfs leerlinge geskryf is, is van oor die provinsie heen ontvang. Volgens haar was dié gedigte van goeie gehalte en dit was moeilik om 'n wenner aan te wys. Wilna Marx, met 32-jaar ondervinding in die onderwys as ‘n grondslagfase-onderwyser, en nou 'n vakadvidseur in die grondslagfase in die Lejweleputswa-distrik, het die wengedig geskryf. Bester sê Marx se gedig, "Die vrou in die onderwys is die baken waarop onderwys bou", is ‘n goeie samevatting van al die gedigte wat ontvang is.
Sy sê 75% van die SAOU se lede is vroue en hul positiewe invloed in die onderwys word daagliks gesien. Dit is dié vroue wat 'n veggees het. "Hulle staan op vir dit wat reg is en veg teen onregverdigheid." Hulle het 'n positiewe ingesteldheid ondanks moeilike situasies."Hulle bring elke dag geluk en hoop in die onderwys. "
‘n Voorlesings van Marx se wengedig is op ‘n video deur vier vroue wat promimnet in die onderwys is voorgedra. Dié video is gister aan SAOU-lede uitgestuur.
In die video word die wengedig deur Mariehetta Matthee, Skoolhoof van Oranje Meisieskool, Fiona Padaychee, die Departement van Onderwys in die Vrystaat se adjunk-distriksdirekteur van Motheo, Fiona Padaychee en 'n gr.4 leerling van Brandwag Primêr, Retshepile Ramakatane, voorgedra. Bester het ook 'n deel van die gedig voorgelees.
Besoek OFM-nuus se webwerf om die wengedig en die voorlesing daarvan op video te sien.
OFM-nuus
Die gedig
'n Baken van hoop, van kennis, van krag.
Dit waarvoor sy daar is-
Om kennis oor te dra-
slegs 'n minuskule van wat sy werklik doen-
sy's ook berader, verpleegster, regter en trooster
Sy leer van liefde, vergifnis, respek en versoen
She is the one getting the wilting flowers,
a toffee from a little hand,
She's the one breaking up a fight...
The confidant of a girl saying:
Mam, I've been hurt last night.
She's trusted, she's caring, she's giving, she's MAM
Ke"Titjhere", She is a "Teacher", Sy's 'n "Juffrou"
die baken waarop die onderwys bou!
Wilna Marx
