On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Hofaansoek kan Vrystaatse ANC-kongres ontspoor

───   CATHY DLODLO 14:10 Thu, 23 Nov 2017

Hofaansoek kan Vrystaatse ANC-kongres ontspoor | News Article

‘n Dringende aansoek teen die ANC in die Vrystaat wat na verwagting vanmiddag in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor sal word, kan dié party se provinsiale kongres ontspoor.


‘n Groep van 36 ANC-lede van regoor die provinsie beoog om vandag die derde hofsaak teen die party in die provinsie te loods. 

In die hofstukke vra die groep dat die provinsiale uitvoerende komitee van die party ontbind word. Hulle trek ook die geloofwaardigheid van die ANC Sekretaris-Generaal Gwede Mantashe se ouditverslag oor die stand van takke in twyfel. 

Die aansoekers sê verder verskeie algemene takvergaderings moet ongeldig verklaar word, aangesien hulle nie in lyn met die party se grondwet plaasgevind het nie. 

Provinsiale Sekretris van die ANC in die provinsie, William Bulwane, sê hulle sal die dringendheid van die aansoek betwis.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.