On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

#Esidimeni-families ontvang hul vergoeding.

───   12:49 Thu, 14 Jun 2018

#Esidimeni-families ontvang hul vergoeding. | News Article
Photo: Supplied

Die families van die pasiënte wat in die Life Esidimeni-tragedie gesterf het, het hul vergoeding van R1,2 miljoen elk ontvang – en wel vóór die afgespreekte spertyd.


Die families van die pasiënte wat in die Life Esidimeni-tragedie gesterf het, het hul vergoeding van R1,2 miljoen elk ontvang – en wel vóór die afgespreekte spertyd. ANA berig dat die premier van Gauteng, David Makhura, se kantoor het in ? verklaring gesê alle betalings is gister gemaak voor die spertyd van 19 Junie soos gestel deur afgetrede hoofregter Dikgang Moseneke. 

In Maart is R1 miljoen grondwetlike skadevergoeding en R200 000 algemene skadevergoeding vir lyding en begrafniskoste aan oorlewendes en gesinne van die oorledenes toegeken.

Dit het tydens die arbitrasieverhoor aan die lig gekom dat die pasiënte van koue, honger, ontwatering en algemene verwaarlosing gesterf het. Minstens 144 psigiatriese pasiënte is dood ná die Gautengse departement van gesondheid in 2016 sowat 1700 pasiënte van Life Esidimeni-fasiliteite na NRO’s sonder lisensies en die nodige geriewe verskuif het. 

Dié pasiënte het sowat drie maande in fasiliteite deurgebring wat nie opgeleide personeel of geldbronne gehad het, om na hulle om te sien nie. Daar is vroeër berig, die geld benodig vir skadevergoeding aan al die families van die pasiënte wat in die Life Esidimeni-tragedie gesterf het, is nie deur die nasionale tesourie voorsien nie, maar wel deur verskillende provinsiale regeringsdepartemente in Gauteng bewillig.


African News Agency (ANA)

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.