On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Ses vermeende renosterstropers vasgetrek

───   09:00 Fri, 19 Oct 2018

Ses vermeende renosterstropers vasgetrek | News Article
File image

Ses vermeende renosterstropers is by ? gastehuis in hegtenis geneem met ? jaggeweer, ammunisie, jagmesse en ? byl in hul besit.


Die departement van omgewingsake het gesê hulle verwelkom die inhegtenisneming in Pongola, KwaZulu-Natal, en moedig die gemeenskap aan om die polisie en bewaringsowerhede by te staan in die geveg teen renosterstropery. 

Vincent Mathothe (42), Hloniphani Khumalo (34), Mhlekiswa Dlamini (47), Florence Lubisi (39), Mogala Ragolane (53) en Frans Tshabangu (48) sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning. 

Die departement het gesê teen einde Augustus 2018 is daar al 83 renosters in KwaZulu-Natal gestroop, aansienlik minder as die 183 in dieselfde provinsie in dieselfde tydperk verlede jaar.

ANA

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.