National
Geen stappe kom teen Beeld─── 08:11 Sun, 20 Dec 2009

Oudpres. Thabo Mbeki se woordvoerder sê hy is nie van plan om stappe te doen teen die koerant Beeld nadat hy glo verkeerdelik aangehaal is nie, berig Eyewitness News. Mukoni Ratshitanga beweer die koerant het ‘n stelling, wat glo oor die bevindinge van ‘n studie wat by die Harvard-Universiteit gedoen is, opgemaak. Die studie het beweer het dat Mbeki en die voormalige minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, verantwoordelik gehou kan word vir meer as 330 000 MIV- en Vigs-verwante sterftes as gevolg van die vorige regering se Vigsbeleid. In die artikel, wat Vrydag gepubliseer is, haal die koerant Ratshitanga aan wat sê dat die studie se bevindinge nie gestaaf kan word nie. Maar Ratshitanga hou vol hy het nooit die studie tydens sy onderhoud genoem nie.
Nuus24, Eyewitness News