National
Mafikeng en Piet Retief se naam verander─── 12:53 Tue, 02 Feb 2010
Karien Jordaan
Kuns en Kultuur Minister Lulu Xingwana het 28 geografiese naamsveranderings goedgekeur. Mafikeng sal voortaan Mahikeng heet, en Piet Retief, eMkhondo. Xingwana sê die naamsveranderings vorm deel van die land se helingsproses. Sy sê die Waarheids- en Versoeningskommissie het naamsveranderinge voorgestel as simboliese herstel van Suid-Afrika se onregverdige verlede. Ander name wat verander is die Century City Stasie in Kaapstad, en die Goliyadi, Kakholwane, Mandela, Mbhucu, Mbube, Malati, Mkhingoma en Sbubule berge in Mpumalanga. In KwaZuluNatal kry 'n hele klomp klein dorpies ook nuwe naam. La Mercy Lughawe staan voortaan bekend as die King Shaka Internasionale Lughawe.
