On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Anny
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

National

Nog 'n buitelandse toeris van Tafelberg afgebing

───   13:58 Fri, 18 Jun 2010

Nog 'n buitelandse toeris van Tafelberg afgebing | News Article

Kaapstad - 'n Buitelandse toeris is gister met 'n helikopter vanaf Tafelberg na 'n hospitaal geneem nadat hy inmekaargestort het as gevolg van 'n hartkwaal. Kaapstad Nooddienste se Cleeve Robertson sê die toeris is op een van die berg se wandelpaadjies gevind, waarna 'n helikopter ontbied is en hy onmiddellik gestabiliseer is. Hy sê die nasionaliteit van die man is steeds onbekend. Die voorval kom slegs vyf dae nadat 'n 14-jarige Amerikaner op die berg na sy dood geval het. Tafelberg is een van die land se grootste toeriste aantreklikhede.

Sapa


 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.