On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

2 akademici getuig vir Dewani

───   08:54 Sat, 26 Mar 2011

2 akademici getuig vir Dewani | News Article

Twee Suid-Afrikaanse akademici gaan deur die Britse moordverdagte, Shrien Dewani, se regsverteenwoordigers opgeroep word om in sy uitleweringsverhoor te getuig. Beeld berig dat Andrew Katson Woensdag 'n voorverhoor in die Belmarsh-Landdroshof in Londen gevra het dat 'n satellietverbinding vir Amanda Dissel en Larissa Panieri-Peter gereël moet word. Volgens nuus24 het Katson, wat die bestuurder van die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening is, in die hof aan regter Howard Riddles gesê Dissel het breedvoerig oor die geweld en bendes in tronke geskryf. Panieri-Peter is ’n deskundige op die gebied van forensiese psigiatrie en word gereeld gevra om mense te evalueer wat van geweldmisdade aangekla word. Dewani word daarvan verdink dat hy sy bruid, Anni, op hulle wittebrood in Kaapstad laat vermoor het. Die regering poog nou om Dewani in Suid-Afrika te laat verhoor. Dewani is tans in die Priory-hospitaal in Bristol nadat hy verlede maand ’n oordosis slaappille gesluk het.


 

Nuus24

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.