On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Anny
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Onderwyser vat pad na hy en leerder dagga rook

───   09:58 Thu, 31 Mar 2011

Onderwyser vat pad na hy en leerder dagga rook | News Article

'n Johannesburgse onderwyser moes noodgedwonge bedank nadat hy betrap is dat hy saam met 'n leerder dagga gerook het. The Star berig vanoggend dat die Engelse en Latynse onderwyser by die St John's Kollege, wat verlede jaar by die skool begin werk het, vandeesweek sy bedankinsbrief ingehandig het nadat hy verlede maand die dwelm saam met die seun gebruik het. Die skool het sy misnoë oor die voorval uitgespreek, en bygevoeg dat die seun tans berading ontvang. Intussen word 'n Finetown Laerskoolonderwyser ondersoek nadat hy na bewering 'n 13-jarige seun te lyf gegaan het terwyl sy klasmaats hom teen 'n bank vasgedruk het. Die seun het aan die koerant gesê dat sy ledemate ná die loesing lam van die pyn was. Die onderwyser is kort na die voorval geskors. Die Gautengse Onderwysdepartement het 'n ondersoek na die dissipline-hanthawing by die skool gelas.

 


Sapa

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.