On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Druk op wolbedryf weens bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:33 Tue, 15 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Druk op wolbedryf weens bek-en-klouseer  | News Article

Die Nasionale Dieregesondheidsforum is tevrede met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se vordering in die Vhembe-gebied in Limpopo, waar bek-en-klouseer meer as 'n week gelede uitgebreek het.


Die besturende direkteur van dié forum, Pieter Vervoort, sê dit is belangrik om in die beginfase die situasie deeglik te ontleed. Vervoort was onder die betrokkenes in die rooivleisbedryf wat Maandag met die regering in Pretoria vergader het. Dié vergadering is deur die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana, bygewoon. Vervoort sê die inenting van beeste in 'n 20km radius om die gebied wat geraak word, het alreeds begin.  Volgens hom is Suid-Afrika se handelsvennote se reaksie op die Wêreld Organisasie vir Dieregesondheid, (OIE) se tydelike verbod op die uitvoer van Suid-Afrikaanse produkte van diere met gesplete hoewe, insluitend varke, bokke en skape, verstaanbaar. Hy sê die OIE se besluit om Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik op te skort het 'n impak op markte, waar daar nou 'n tydelike oorskot plaaslik is wat pryse ietwat laat daal het. 

EN

Daarmee saam is die wolbedryf ietwat onder druk in terme van woluitvoer, maar daar word steeds na sekere lande uitgevoer. Die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, se uitvoerende hoof, Leon de Beer, sê Suid-Afrika voer steeds wol uit na China ondanks die feit dat sy bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort is.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.