On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Druk op wolbedryf weens bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:19 Tue, 15 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Druk op wolbedryf weens bek-en-klouseer  | News Article

Die omvang van 'n bek-en-klouseer uitbreking in die Vhembe-distrik in Limpopo sal in die komende twee weke eers presies bepaal kan word.

Daarmee saam meen die Nasionale Diergesondheidsforum die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en sy veeart-sin-ny-kunde span reeds baie vermag het met betrekking tot die ontleding van die situasie. Die besturende direkteur van dié forum, Pieter Vervoort, sê dit is belangrik om in die beginfase 'n situasie deeglik te ontleed. Vervoort was onder die betrokkenes in die rooivleis bedryf wat Maandag met die regering in Pretoria vergader het. Die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana, was ook teenwoordig.

Hy sê dit beteken egter nie dat al dié dierebek-en-klouseer het nie. Volgens hom is daar met inenting asvoor-komings-maatreël begin.

Volgens die departement mag gesplete hoefdiere, en hul onbewerkte produkte, ook uit die Mpani, en die Capricorn distrikte nie versprei word nie. Daarmee saam kan 'n  besluit nie geneem word of diere uitgeslag gaan word totdat daar meer duidelikheid is oor die situasie nie. Hy sê dit is ook natuurlik dat Suid-Afrika se handelsvennote 'n tydelike verbod op die invoer van produkte van gesplete hoefdiere uit dié Afrika-land geplaas het.

Vervoort sê die besluit om Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik op te skort het 'n impak op markte, waar daar nou 'n tydelike oorskot plaaslik is wat pryse ietwat laat daal het, maar daar is geen rede tot paniek nie. Daarmee saam is 'n bestuurskomitee op dié vergadering aangewys. Dié komitee bestaan uit die direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Mike Mlengana, en Vervoort, wat aan die stuur is van afsonderlike komitees wat op die tegniese aspekte, kommunikasie en handel gaan fokus.

EN 

Hy sê daar word egter nie wol na Egipte uitgevoer nie, omdat dié land spesifiek vereis dat wol slegs uit 'n land met die Wêreld Organisasie vir Dieregesondheid (OIE) se bek-en-klouseervrye status ingevoer mag word. Wol na Indië en die Europese-unie word ook uitgevoer.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.