On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaat Landbou op soek na die 24ste wenner van sy gesogte Jong Boer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:14 Thu, 17 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Vrystaat Landbou op soek na die 24ste wenner van sy gesogte Jong Boer | News Article

Altesaam ses voorvalle van hondsdolheid by diere is vanjaar by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat aangemeld.


Die departement se woordvoerder,Zimasa Leputla, sê mense is ook vanjaar behandel as 'n voorkomingsmaatreël. Volgens haar is daar NIE 'n groot-skaalse uitbraak van die virale dodelike siekte nie en daarom is daar geen rede tot paniek nie.

 

Sy sê dié siekte word nie noodwendig aan 'n mens oorgedra wat deur 'n hond met honds-dol-heid gebyt is nie en die ontwikkeling daarvan by mense kan voorkom word deur onmiddellike behandeling.


Leputla sê die departement het gereeld projekte waar honde en katte in-geënt word, maar dit is steeds mense se verantwoordelikheid om seker te maak hul bring dié troeteldiere vir inenting, veral omdat dit wetlik vereis word. 


'n Groep boere van die Bultfontein-distrik in die Vrystaat, wat swaar gebuk gaan onder droogtetoestande, ontvang Vrydag 'n reuse dieselskenking wat moontlik gemaak is deur John Deere en die projek droogtehulp met Burre Burger. Volgens Burger,  die stigter van dié projek wat in Maart 2017 van stapel gestuur is, het John Deer R700 000 geskenk vir die dieselaankope. Hy sê nog geld is uit dié projek se fonds vir aankope gebruik. Volgens hom gaan sowat 72 boere, wat lede is van die Bultfontein bewusmakingsgroep, elk diesel ter waarde van sowat R30 000 ontvang. Dít sluit opkomende boere in. Twee vragmotors vervoer die diesel.

Burger sê boere van Bultfontein was van die eerstes in Suid-Afrika wat sy projek ondersteun het en daarom reik die projek uit aan boere van die distrik. Burger wat werksaam is in die uitvoere van groente en vrugte sê hy het dié projek begin nadat hy 'n roeping ontvang het.

EN

Vrystaat Landbou is op soek na die 24ste wenner van sy gesogte Jong Boer van die Jaar-kompetisie.  Nelius Ferreira die wenner van verlede jaar se kompetisie, sê daar is baie ander briljante jong landbouers, wat beter produsente is as wat hy is. Dit is hulle wat die fakkel moet oorneem en die beeld van landbou in Suid-Afrika verder moet uitbou. Dié kompetisie is die eerste keer in 1996 aangebied. VL doen ’n beroep op alle jong boere, hul vriende en familie om nie te skroom om vanjaar in te skryf nie en seker te maak die beste kandidate is onder vanjaar se finaliste. Inskrywings sluit 31 Januarie 2019. Die wenner stap met ’n geldprys van VL weg, asook ander pryse en kwalifiseer outomaties vir die Toyota Agri SA Nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie wat later vanjaar beslis word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.