On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer kan vleispryse beinvloed

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:34 Tue, 22 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer kan vleispryse beinvloed | News Article

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het bevestig dat sowat 5 000 beeste in die Vhembe-distrik in Limpopo sover teen bek-en-klouseer ingeënt is.


Woordvoerder, Khaye Nkwanyana, sê die departement hoop dat die 17 spanne wat werksaam is in dié gebied die getal vandeesweek na 10 000 beeste, wat al ingeënt is, kan vermeerder. Nkwanyana sê volledige terugvoer oor die nuutste rondom die uitbreking word Woensdag verwag, maar sover het 50 beeste al positief vir dié virrussiekte getoets. Hy beklemtoon dat diere in die siektebeheergebied moet bly, en geen verskuiwing van diere met gesplete hoewe mag plaasvind nie. Geen diere mag na, in of uit dié gebied verskuif word nie.

EN

'n Klein persentasie van Suid-Afrikaanse bees- en skaapvleis wat uitgevoer word na ander lande gaan nou deur die plaaslike mark opgeneem word. Dit kom nadat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid, oftewel die OIE, Suid-Afrika van sy bek-en-klouseervrye status gestroop het as deel van 'n normale prosedure wanneer diere in 'n land positief vir die virusstiekte toets. Dit beteken vleisuitvoer is tydelik gestaak. Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se voorsitter, Koos van der Ryst, sê dit kom daarop neer dat rooivleis wat vir die uitvoermark bestem was nou plaaslike verbruik moet word - wat daartoe kan lei dat die verbruikersprys sywaarts of selfs afwaarts kan beweeg.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.