On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Daar is groot politieke en ekonomiese aanslae teen boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:25 Wed, 23 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Daar is groot politieke en ekonomiese aanslae teen boere | News Article

Daar is groot politieke en ekonomiese aanslae teen boere, asook ongunstige klimaatstoestande, en daarom is dit nodig dat georganiseerde landbou boere verteenwoordig sodat voordele gesamentlik vir boere be-ding kan word.


Vrystaat Landbou (VL) se uitvoerende hoof, Gerhard Kriel, sê georganiseerde landbou het ten doel om voordelige en 'n veilige omgewing vir boere te skep. Hy sê dit is belangrik wanneer georganiseerde landboustrukture soos VL sy lede verteenwoordig en namens hulle be-ding, dit egter van toepassing is op sy lede.

Kriel se reaksie kom nadat 'n boer, wat lid is van 'n onafhanklike Bultfonteinse komitee, Woensdag op OFM se landbouprogram, Before Dawn, verwys het na georganiseerde landbou wat glo nie daarin belangstel om boere in  uitdagende tye te help nie. Kriel sê VL is deur 'n groep Bultfonteinse boere genader, waarna 'n vergadering met betrokkenes deur dié organisasie gefasiliteer is.  

Hy sê VL kan nie mense dwing om by die organisasie aan te sluit nie, maar dit sal meer doeltreffend wees as betrokkenes die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar, saam kan trotseer.    


Die regering moet nou veral in die landboubedryf in die Vrystaat belê en dele van dié provinsie as 'n rampgebied verklaar. Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, wat dié provinsiale regering onlangs in 'n brief gevra het om hulp te verleen aan boere in droogte-geteisterde dele van die provinsie. 


Jankielsohn sê as dele van die Vrystaat as rampgebied verklaar word, kan geld uit die nasionale en provinsiale regering se geldkoffers beskikbaar gestel word. Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, het intussen ontvangs van die DA se brief bevestig.


Die taakspan wat saamgestel is om met Suid-Afrika se handelsvennote te kommunikeer oor die uitvoer van produkte van diere met gesplete hoewe, is reeds in verbinding met strategiese markte. Dit kom nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het en Suid-Afrika van sy bek-en-klouseer vrye status gestroop is. Uitvoer na ander lande is in die proses tydelik gestop. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) se woordvoerder, Khaye Nkwanyana, sê 'n verslag oor die nuutste verwikkelinge met Suid-Afrika se handelsvennote word vandeesweek verwag.   


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.