On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Verwagte mielie-oes kleiner as verlede jaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:20 Thu, 24 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Verwagte mielie-oes kleiner as verlede jaar | News Article

Suid-Afrika se verwagte mielie-oes gaan na verwagting kleiner wees teenoor dié van verlede jaar.


Johan Willemse, 'n bekende landbou-ekonoom, sêhoewel die Oesskattingskomitee se voorlopige oppervlakte-skatting virmielie-aanplantings nog nie bekend is nie, verwag hy dat die oppervlakte ondermielies sowat 2 miljoen hektaar is. Willemse sê dit is minder as verlede jaarse oppervlakte van 2,4 miljoen hektaar wat onder mielies was. 'n Opbrengs vantussen 9 en 10 miljoen ton kan verwag word, wat ook laer as verlede jaar se 13miljoen ton mielie-oes is. Willemse sê na verwagting gaan die witmielievoorraad wat beskikbaar is, opgebruik word en geelmielies gaan ingevoer word. 

Die Oesskattingskomitee se vooruitskatting van die voorlopige oppervlakte vir somergewas-aanplantings, en die sesde produksieskatting vir wintergewasse, word volgende week bekendgemaak. Die hersiene oppervlakte en die eerste produksieskatting vir somergewasse sal op 27 Februarie bekend gemaak word.

EN

AfriForum het sukses behaal met nog 'n voorval waarin besetters onwettig landbougrond in die De Wildt-gebied in Noordwes beset het. Dié organisasie se Ian Cameron sê hulle werk nou reeds sowat drie weke saam met die grondeienaars om die polisie se samewerking te kry en dié regmatige eienaars se regte te beskerm. Die polisie wou nie 'n betredingsklag aanhangig maak nie. Hy sê die besetters het aangedui dat hulle die eienaars van die kleinhoewe is, omdat hulle voorheen suksesvol met 'n grondeis daarop was. Hy sê die Noord-Gautengse Hooggeregshof het vandeesweek beslis dat die grondbesetters vanaf die stuk landbougrond deur die polisie verwyder moet word.   


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.