On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rooivleisbedryf in rowwe waters

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:41 Fri, 25 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Rooivleisbedryf in rowwe waters | News Article

Die situasie in die rooivleisbedryf sien tans nie goed daarna uit nie en daar word na verwys as die perfekte storm.


'n Bekende landbou-ekonoom, Johan Willemse, sê die hoë mielieprys, 'n toename in slagtings weens droogtetoestande asook die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo is bydraende faktore. Hy sê die mielieprys en die prys van voer het met 30% teenoor die prys drie maande gelede gestyg, wat 'n rimpel-effek het.

Volgens hom is daar ook meer slagtings weens swak weidingstoestande in droogtegeteisterde gebiede wat daartoe lei dat daar 'n groot aanbod van rooivleis in die mark is. Dit is egter die bek-en-klouseer uitbreking wat die stok in die bedryf se wiele is. Daar word sowat 3 000 ton beesvleis maandeliks na ander lande uitgevoer, maar weens die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid, die OIE, se tydelike opskorting van Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye status, en uitvoer wat tydelik gestop is, is daar nou 'n oormaat vleis in die binnelandse mark beskikbaar. Dit sluit varkvleis in, en is verkoelde snitte wat vakuumverpak is asook bevrore halwe karkasse en snitte.  

EN

'n Veeboer van die Oos-Vrystaat, André Ferreira, sê weens die situasie in die rooivleisbedryf, en met al die uitdagings wat daarmee saamgaan, vind produsente dit moeilik om kop bo water te hou. Volgens hom is die speenkalwerprys, wat tans wissel tussen R24 en R27 per kg, nie goeie nuus vir produsente nie.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.