On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Groente, drank en wol was van die die landboubedryf se top uitvoerprodukte in 2018.

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:12 Tue, 29 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Groente, drank en wol was van die die landboubedryf se top uitvoerprodukte in 2018. | News Article

Die Transvaal Landbou-unie, oftewel TLU SA, is geensins verbaas oor 'n beweerde verslag waarin omvang-ryke bedrog en korrupsie in die grond-hervormings-prose uitgelig word nie.


Rapport het onder meer berig oor dié verslag wat aandui daar is 58 plase wat na bewering deur korrupsie en bedrog verkry is, sonder dat daar enige ware grondeisers of bevoordeeldes was nie. TLU SA-president, Louis Meintjes, sê dié landbou-vereniging is nie verbaas oor die beweerde ongerymdhede in die grond-hervormings-proses nie. Hy sê TLU SA het al in 2000 op 'n grondkonferensie die probleme rondom dié proses uitgewys.

Hy sê swart ekonomiese bemagtiging, die transformasie-beginsel in die ANC, grondhervorming en kader-ontplooiing, wat daartoe lei dat ongekwalifiseerde kandidate in hoë poste aangestel word, kom kollektief neer op staatskaping.

Die swak ekonomie, lae rooivleis verkope weens verbruikers-weerstand en kleinhandel wat nie die daling in vleispryse aan verbruikers weergee nie, bemoeilik produsente se produksie. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê boere is nou in 'n moeilike situasie weens dié sameloop van omstandighede. Daarmee saam het die bek-en-klouseer uitbraak in Limpopo paniek gesaai, terwyl dit nie 'n werklike invloed moes gehad het nie. Hy sê produsente word boonop genoop, om nou meer as net hul slagvee aan te bied in 'n poging om vee getalle te verminder weens die voortslepende droogte, veral in die Noord-Kaap. Daar is op kort termyn 'n  ooraanbod in die mark.  

Jansen se reaksie kom nadat die Noord-Kaap in Agri SA se droogteverslag, wat onlangs bekendgemaak is, uitgelig word as een van die provinsies waar die droogtesituasie nou kritiek is. Die situasie in die Vrystaat en Noordwes is ook uitermatig sleg. Jansen sê die suidelike en westelike deel van die Noord-Kaap  is reeds as rampgebiede verklaar en ramphulp is ontvang, terwyl die sentrale deel van dié provinsie ook nou geraak word.   Volgens hom moet alles nou in die stryd gewerp WORD om boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap te ondersteun.  


EN

Eetbare vrugte, groente, drank en wol was van die die landboubedryf se top uitvoerprodukte in 2018. Met betrekking tot wyn was hoër wêreldpryse 'n belangrike faktor in die bevordering van die waarde daarvan. Só meen Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landboubesigheidskamer (Agbiz) in aanloop tot die totale handel-statestieke van Desember 2018, wat nog vrygestel moet word. Volgens Sihlobo toon beskikbare data van Trade Map egter dat Suid-Afrika se landbou-uitvoere vir die eerste 11 maande van 2018 altesaam 9,9 miljard Amerikaanse dollar beloop het. Dit is 0,5% laer as uitvoere in 2017.



OFM-nuus 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.