On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Goeie reën bring plek-plek verligting

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:57 Wed, 30 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Goeie reën bring plek-plek verligting | News Article

Die Oesskattingskomitee se voorlopige oppervlakteskatting vir die oppervlakte onder mielies is 2,26 miljoen hektaar.


Dit is sowat 2,15% minder as die 2,31 miljoenhektaar wat verlede seisoen aangeplant is. Die beoogde  oppervlakte met mielies is weens min reën enbloedige hitte. Die komitee het Dinsdag sy voorlopige oppervlakteskatting virsomergewasse vir 2019 vrygestel. Die voorlopige oppervlakteskatting vir mieliesis ook 7,33% minder as die syfer vir voorneme om te plant van 2,44 miljoenhektaar wat in Oktober verlede jaar vrygestel is. Dié voorlopigeoppervlakteskatting is gegrond op die resultate van 'n nie-ewekansige opnamedeur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se direktoraat vanstatistiek en ekonomiese analise.      

In verskeie gebiede in die Vrystaat en dele van Noordwes wat deur die droogte geraak word, het goeie reën vandeesweek verligting en enkele hoop vir boere gebring. Goeie neerslae het Dinsdag in sekere saaigebiede soos Bloemfontein, Bultfontein, Wesselsbron en Hoopstad uitgesak, maar daar is steeds gebiede in die Vrystaat en Noordwes wat nog geen reën gehad het nie. 'n Saaiboer, wat tussen Hoopstad en Wesselsbron boer, Chris Schoonwinkel, sê 'n goeie bui reën het Dinsdagmiddag in dié gebied uitgesak.  Hy sê dit het egter kol-kol gereën. Schoonwinkel kon laat Desember mielies aanplant na dit gereën het, maar dit was nie ideale planttoestande nie. Hy sê Dinsdag se goeie reën het net betyds gekom.

EN

Intussen sê Pieter Brink, 'n skaapboer wat tussen Reddersburg en Smithfield boer, sê dié gebied het nog bitter min reën gehad.

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.