On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Fokus-podcast: Nuus oor Agri SA-droogteverslag, die hoë mielieprys en georganiseerde landbou se rol

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:43 Thu, 31 Jan 2019

Agri Fokus-podcast:  Nuus oor Agri SA-droogteverslag, die hoë mielieprys en georganiseerde landbou se rol | News Article

In the OFM Agri Focus insert we look at some of the top stories in the agriculture sector this past week... OFM News’ Christal-Lize Muller reports...


Die landboubedryf het al sowat R7 miljard in omset weens die voortslepende droogte in groot dele van Suid-Afrika verloor. Daarmee saam was daar sedert Januarie verlede jaar 'n verlies van sowat 31 000 werksgeleenthede in provinsies weens die droogte. Dit is volgens Agri SA se droogte-opname wat Vrydag bekendgestel is. Dié organisasie se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, het op dié geleentheid gesê die situasie in die Suid-Afrikaanse landboubedryf is nou kritiek.  Volgens Van Zyl, benodig die landboubedryf minstens R3 miljard in finansiële hulp vanaf die regering om boere te help wat swaar deur die droogte geraak word. Daarmee saam is daar  'n aansienlike groot styging in die prys van witmielies weens die voortslepende droogte. Die prys van geelmielies word ook beïnvloed.  Graan SA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, sê die toename gaan 'n groot impak op Suid-Afrika se armes hê, wat mielies as stapel voedsel gebruik.  

Agri SA het 'n opname in Desember verlede jaar onder sy lede gedoen om akkuraat vas te stel wat die impak van die droogte op boerderye en werkskepping oor die land heen het. Volgens Van Zyl sal Agri SA in die volgende twee weke met betrokkenes in die bedryf, insluitende die regering en banke oor die droogtesituasie vergader.

Die situasie in die rooivleisbedryf sien tans nie goed daarna uit nie en daar word daarna verwys as die perfekte storm. 'n Bekende landbou-ekonoom, Johan Willemse, sê die hoë mielieprys, 'n toename in slagtings weens droogtetoestande asook die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo, is bydraende faktore. Hy sê die mielieprys en die prys van voer het met 30% teenoor die prys drie maande gelede gestyg, wat 'n rimpel-effek het...    

Daar is groot politieke en ekonomiese aanslae teen boere, asook ongunstige klimaatstoestande, en daarom is dit nodig dat georganiseerde landbou boere verteenwoordig sodat voordele gesamentlik vir boere be-ding kan word. Vrystaat Landbou (VL) se uitvoerende hoof, Gerhard Kriel, sê georganiseerde landbou het ten doel om voordelige en 'n veilige omgewing vir boere te skep. Hy sê dit is belangrik wanneer georganiseerde landboustrukture soos VL sy lede verteenwoordig en namens hulle be-ding, dit egter van toepassing is op sy lede. 

Kriel se reaksie kom nadat 'n boer, wat lid is van 'n onafhanklike Bultfonteinse komitee, Woensdag op OFM se landbouprogram, Before Dawn, verwys het na georganiseerde landbou wat glo nie daarin belangstel om boere in  uitdagende tye te help nie. Kriel sê VL is deur 'n groep Bultfonteinse boere genader, waarna 'n vergadering met betrokkenes deur dié organisasie gefasiliteer is.  



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.