Agriculture
Landbounuus-podcast: Grondeienaars kan aan AfriForum se plaasveiligheids oudit deelneem─── CHRISTAL-LIZE MULLER 14:16 Thu, 31 Jan 2019
Die voorlopige oppervlakteskatting vir hektare onder kommersiële mielies is meer as wat die algemene verwagting in die mark was.
Dit is volgens Luan van der Walt, 'n ekonoom van Graan SA (GSA), nadat die Nasionale Oeskattingskomitee (NOK) vandeesweek sy oppervlakteskatting vir somergewasse vrygestel het.
Van der Walt sê gegewe die moeilike toestande waarin boere moes plant is die hektare onder die geskatte aangeplante mielies goed. Daar lê egter nog 'n lang pad voor vir boere voordat hul oeste realiseer. Die opbrengs-potensiaal van die oppervlakte mielies wat aangeplant is, kan nie nou al bepaal word nie.
Die voorlopige skatting vir die oppervlakteonder mielies in die Vrystaat is 1 miljoen hektaar wat ietwat meer is as die 1,054 hektaar onder mielies in 2018. In Noordwes is die voorlopigeoppervlakteskatting amper 500 000 hektaar. Dit is meer is as die vorige seisoense 480 000 hektaar onder mielies.
Alle grondeienaars kan aan AfriForum se plaasveiligheids oudit, wat vandeesweek bekendgestel is, deelneem. Dié organisasie se Ian Cameron sê dié oudit gee aan grondeienaars in landelike gebiede die geleentheid om die die situasie rondom die veiligheid op hul plase. Daarmee saam is dit ook 'n goeie geleentheid om vas te stel waar daar ruimte vir verbetering is.
Daarmee saam het AfriForum ook vandeesweek bekendgemaak dat daar 'n afname in moorde op plase en kleinhoewes in Suid-Afrika in 2018 was. Daar was egter 'n skerp styging in aanvalle.'n Opname deur die organisasie se afdeling vir gemeenskapsveiligheid toon daar was verlede jaar nagenoeg 432 aanvalle en 54 moorde gewees.
EN...Die gratis aanlyn inligtingsplatform, Farmboek, in samewerking met Valtrac bied Vrydag 'n baler-resies in Parys in die Vrystaat aan. Farmboek se André Groenewald, sê dit is die eerste keer dat, dié uitdaging, waarin verskeie handelsmerke se werktuie teen mekaar gaan kragte meet, gehou word.
Besoek Farmboek se webwerf vir meer inligting.
OFM-nuus
