Agriculture
Landbounuus-podcast: VS Veediefstal-hulplyn in werking gestel─── CHRISTAL-LIZE MULLER 12:39 Fri, 01 Feb 2019
Vrystaat Landbou en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in samewerking met die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Vrystaat se provinsiale veediefstal-hulplyn is in werking gestel.
'n Veiligheidsrisiko-analis van VL, Jane Buys, sê die hulplyn het ten doel om boere by te staan met die proses om verklarings af te lê by die polisie en om belangrike inligting, wat benodig word, te bekom. Sy sê die hulplyn kom nadat VL en die RPO al vir 'n geruime tyd in die landelike beveiligingstrategie se jaarlikse oudit aandag skenk aan die uitdagings met betrekking tot die polisie se dienslewering in landelike gebiede. Dit sluit uitdagings met betrekking tot bestaande samewerkingsverhoudinge tussen polisielede en boere in. Buys sê boere kan nou van die hulplyn gebruik maak. Verklarings sal in Afrikaans en Engels gedoen word en elektronies teruggestuur word sodat 'n klag by die polisie aanhangig gemaak kan word.
* Die hulplynnommer is 086 199 9300.
EN
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel reën vir die naweek in 'n groot deel van die sentrale binneland. Dit is goeie nuus vir boere omdat nóg opvolgreën broodnodig is, terwyl dit in baie gebiede in veral die Vrystaat en Noord-Kaap die eerste reën vir die seisoen is. 'n Voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Elani Heyneke, sê daar is Vrydag 'n 30% kans op reën in die oostelike deel van die Noord-Kaap en die noordelike deel van Noordwes.
OFM-nuus
