On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister gaan bek-en-klouseer terugvoer gee

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:04 Mon, 04 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Minister gaan bek-en-klouseer terugvoer gee | News Article

Die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, en betrokkenes in die bedryf gaan na verwagting Maandagoggend oor die nuutste situasie rondom die uitbreking van bek-en-klouseer in die Vhembe-siektebeheergebied in Limpopo terugvoer gee.


Zokwana gaan op 'n mediakonferensie, wat na verwagting omstreeks 11:00 begin, ook 'n oorsig gee oor die droogtesituasie in sekere gebiede in Suid-Afrika en praat oor die stappe wat deur die departement met betrekking tot droogtehulp geneem word. Die departement se woordvoerder, Khaye Nkwanyana, het láát verlede maand aan OFM-nuus gesê die inenting van beeste in die Vhembe-gebied vorder goed. 'n Paar duisend beeste in nege dorpies is meer as twee weke gelede in dié gebied ingeënt. Hy het toé gesê tientalle beeste het al positief vir bek-en-klouseer getoets.

Nog niemand is in verband met die moord op 'n bejaarde vrou op 'n plaas in die Vorstershoop-gebied in hegtenis geneem nie. Polisiewoordvoerder in Noordwes, Adel Myburgh, sê die 69-jarige Gesina Bruwer se man Pierre het Vrydag omstreeks 08:00 op sy vrou se lyk in hul plaashuis afgekom. Sy sê aanvallers het met 'n bakkie en pistole op die vlug geslaan. Daar is 'n vermoede dat die aanvallers na Botswana gevlug het. Intussen sê die DA ‘n veldtog is van stapel gestuur om die regering se aandag te vestig op die veiligheid van Suid-Afrika se landsgrense. Tydens ‘n onlangse besoek aan die Ramatlabama-grenspos in Noordwes was dit duidelik dat dit onveilig is en daar gebrekkige kontrole  is. Daar is ook opgemerk dat dwelms met ‘n kruiwa deur die grenspos gesmokkel kan word. 

EN

In talle droogtegeteisterde gebiede het reën verligting gebring. 'n Skaapboer wat tussen Reddersburg en Smithfield boer, Pieter Brink, het verlede Woensdag aan OFM-nuus gesê dit het nog bitter min in dié gebied gereën en hy is bekommerd oor weiding vir sy geelbekmerino-kudde. Brink sê egter die langverwagte reën het verlede Vrydag gekom.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.