Agriculture
Landbounuus-podcast: Sommige plekke het dit slegs kol-kol gereën─── 14:25 Mon, 04 Feb 2019
Die polisie in Noordwes werk nou saam met hul eweknieë in Botswana in 'n soektog na drie aanvallers wat vermoedelik die grens oorgesteek het nadat 'n bejaarde vrou in haar plaashuis in die Vorstershoop gebied doodgeskiet is.
Polisiewoordvoerder, Adele Myburg, sê die 69-jarige Gesina Bruwer se man, Pierre, het Vrydag omstreeks 08:00 op sy vrou se lyk in hul plaashuis afgekom. Die egpaar se huiswerker is ook tydens die voorval ontvoer.
Sy sê die aanvallers het met 'n bakkie en pistole op die vlug geslaan. Die egpaar se huiswerker, wat ontvoer is, is later deur die aanvallers langs die pad afgelaai. Sy het teruggestap na die plaas en het later dieselfde middag ongedeerd op die plaas aangekom.

Talle boere in droogtegebiede in die Vrystaat is verlig ná goeie reën die afgelope week. 'n Bekommerde skaapboer, wat tussen Reddersburg en Smithfield boer, Pieter Brink, het verlede Woensdag aan OFM-nuus vertel oor die droogtesituasie in die gebied, wat sover dié seisoen min reën gehad het. Hy was toe bekommerd oor weidings-toestande vir sy geelbekmerino-kudde. 'n Verligte Brink sê dit het Vrydag egter heelwat gereën op dele van sy plase, waar hy sowat 108mm reën gemeet het.
Daar is egter nog boere in dele van die sentrale binneland en meer spesifiek die Vrystaat, wat angstig wag op goeie reëns. 'n Veeboer van Reddersburg en De Wetsdorp in die Vrystaat, wat groenvoer onder besproeiing aanplant vir die winter, Errol Haddad, sê dit reën plek-plek. Waar Haddad boer het dit vroeg in Januarie en die afgelope week gereën, maar dit was nie genoeg nie..
Haddad sê hy het die besproeiing uit boorgate van sy voer-gewasse met meer as 10% afgeskaal weens te min reën.
OFM-nuus