On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: R5 miljoen toegeken vir droogtehulp

───   11:06 Tue, 05 Feb 2019

Landbounuus-podcast: R5 miljoen toegeken vir droogtehulp | News Article

Die Nasionale Tesourie het al meer as R5 miljoen toegeken as deel van 'n pakket om boere in droogtegeteisterde dele van die land te help.


Dit is volgens die Minister van Landbou, Bosbouen Visserrye, Senzeni Zokwana, wat Maandag op 'n mediakonferensie in Pretoriagesê het dit is om diegene te help wat nie die droogte kan hanteer nie. Dieafdeling 7-komitee wat deur die Nasionale Landboubemarkingsraad gestig is, hetaanbeveel dat die regering 'n rampfonds oprig vir boere wat geraak word deurdie droogte onder drie ander aanbevelings. Hy het verder gesê 'n komitee watdeur die Nasionale Landboubemarkingsraad gestig is, het aanbeveel dat dieregering 'n rampfonds daarstel vir boere wat geraak word deur die droogte.Zokwana sê hierdie aanbevelings word nog deur die Nasionale Tesourie bespreek.

EN

Daar is van Suid-Afrika se handelsvennote wat ooreengekom het om van hul beperkings op die invoer van Suid-Afrikaanse produkte van diere met gesplete hoewe te lig. Dit is volgens die Minister van Landbou, Bosbou  en Visserye, Senzeni Zokwana, wat Maandag saam met verskeie belanghebbendes 'n media-inligtingsessie in Pretoria gehou het. Die nuutste stand van die situasie rondom die bek-en-klouseer uitbreking in die Vhembe-distrik in Limpopo is bekendgemaak. Zokwana het gesê die mark is nou oop vir sekere produkte, nadat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye status tydelik opgeskort het en die uitvoer van produkte gestop is. Waarborge is aan Suid-Afrika se handelsvennote gelewer dat onder meer verwerkte suiwelprodukte; velle en huide; ontbeende en ryp beesvleis; wol en varkprodukte veilig is. Markte na Afrika-lande asook die Midde-Ooste en die Verre Ooste is nou oop. Zokwana het verder gesê taakspanne kon die virrussiekte in die Mopani, Vhembe en Molemoliese distrikte van Limpopo in diere met gesplete hoewe opspoor.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.