On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast:

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:24 Tue, 05 Feb 2019

Landbounuus-podcast:  | News Article

'n Rampfonds gaan op die been gebring word om kommersiële en kleinboere in droogtegeteisterde gebiede te ondersteun. Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, het die aankondiging Maandag op 'n mediakonferensie in Pretoria gemaak


Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, het die aankondiging Maandag op 'n mediakonferensie in Pretoria gemaak. Hy het gesê 'n komitee wat deur die Nasionale Landboubemarkingsraad gestig is, het dié aanbeveling gemaak nadat die droogte sy tol eis in verskeie provinsies in die land waarvan die situasie in die Noord-Kaap nou kritiek is. Die daarstel van openbare en private vennootskappe is nóg 'n aanbeveling wat vir die droogtebestuursplan voorgelê is.    

Zokwana het verder gesê die Nasionale Tesourie het al meer as R5 miljoen toegeken as deel van 'n pakket om boere in droogtegebiede te help. 

Graan SA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, sê die seisoen vir somergraangewasse het nie goed begin nie weens láát reën en daar is steeds groot uitdagings.

Gereelde terugvoer en vorderingsverslae wat aan Suid-Afrikaanse handelsvennote verskaf word rakende die uitvoer van verwerkte produkte van diere met gesplete hoewe, het vrugte afgewerp. Dit het daartoe gelei dat sekere handelsvennote hul beperkings rondom die invoer van Suid-Afrikaanse produkte verminder het nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het. Onderhandelings is in die proses om nuwe gesondheidsertifikate uit te reik. Die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Sokwana, het Maandag op 'n media-inligtingsessie in Pretoria gesê vordering word gemaak om markte vir ontbeende ryp beesvleis, verwerkte suiwelprodukte en verwerkte huide en velle na ander Afrika-lande, die Midde-Ooste en die Verre Ooste te heropen. Hy het ook gesê die inenting van beeste in die dorpies wat geraak word, asook beeste in die 20km radius rondom dit, vorder goed. Meer as 10 000 beeste is al ingeënt.


Die voortgesette wrede plaasaanvalle op die landbou-gemeenskap, wat ‘n produktiewe bydrae tot die land se ekonomie lewer en kos aan miljoene mense verskaf, moet uit alle oorde veroordeel word. Dit is volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid, met betrekking tot landelike veiligheid, nadat 'n bejaarde vrou, Gezina Bruwer, Vrydagoggend koelbloedig in haar plaashuis in die Molopo-gebied in Noordwes doodgeskiet is. Esterhuyse sê boere en plaaswerkers voel geïsoleerd en leef daagliks in vrees. Boere benodig dringend die daadwerklike ondersteuning en optrede van hul plaaslike polisie en die versekering dat die strafregstelsel doeltreffend funksioneer. Esterhuyse vra enigiemand met inligting rondom die moord om na vore te kom sodat die drie aanvallers wat vermoedelik oor die grens na Botswana gevlug het, aangekeer kan word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.