On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer bekamping 'vorder goed'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:08 Wed, 06 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer bekamping 'vorder goed' | News Article

Die proses wat gevolg is om die siektebeheergebied wat onder kwarantyn is in die Vhembe-distrik in die gebied Zondani in Limpopo, waar bek-en-klouseer uitgebreek het, is doeltreffend.


Die bekamping van die virussiekte vorder goed.Woordvoerder van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, (Daff), KhayeNkwanyana sê in die stadium word geen diere met gesplete hoewe, hoofsaaklikbeeste, na die gebied of daaruit verskuif nie. Hy sê die inentingsproses vorderook goed en 4 500 beeste in die siektevrye sone, uit altesaam 15 000 beeste, isal ingeënt. Hy sê daar word vordering gemaak met die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) met 'n aansoek om Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status terug te kry. Hy sê tussen vier tot sewe weke is nodig vir beeste se gesondheid om te herstel, waarna die nodige aankondigings gedoen sal word. Volgens Nkwanyana is sewe tegniese spanne, wat uit tegnici en staatsveeartse bestaan, hard aan die werk om beeste in die groot landelike gebied in te ent.

Daarmee saam word goeie vordering gemaak deur die onderskeie taakspanne wat deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) aangewys is om die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo te hanteer. Die taakspanne, wat uit betrokkenes in die bedryf bestaan, gee terugvoer aan 'n bestuurskomitee, waarvan Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale dieregesondheidsforum, deel is. Vervoort sê die taakspan wat die tegniese aspekte hanteer bestaan uit staatsveeartse wat in samewerking met die regering vasstel wat die beste oplossings vir die probleem is.  Die afsonderlike taakspanne wat verantwoordelik is vir handel en kommunikasie-kwessie is ook 'n aanwins.

EN

Die Landboubedryf benodig gesamentlike ondersteuning van al die regeringsdepartemente. Dit is Agri SA se boodskap op die vooraand van President Cyril Ramaphosa se tweede Staatsrede. Volgens dié organisasie se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, is dié bedryf die beste geplaas vir die regering om sy energie op te fokus omdat landbou onder geweldige druk weens die droogte, beleidsonsekerheid en veiligheidsredes is. Belegging in dié bedryf sal tot reuse maatskaplike opbrengste lei. Van Zyl meen nasionale prioriteite soos transformasie, werkskepping, voedselsekerheid, ekonomiese groei en maatskaplike stabiliteit kan doeltreffend deur belegging van regeringshulpbronne in landbou teweeggebring word.  


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.