On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: boere wat weens droogte skade gely het, kom in aanmerking vir droogtehulp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:07 Thu, 07 Feb 2019

Landbounuus-podcast: boere wat weens droogte skade gely het, kom in aanmerking vir droogtehulp  | News Article

Die DA het die Vrystaatse uitvoerende raad se besluit om dié provinsie as 'n droogterampgebied te verklaar met ope arms verwelkom. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die wetgewer, sê die LUR in die Vrystaat, Benny Malakoa


Jankielsohn sê dit is goeie nuus vir die landboubedryf, maar ook vir munisipaliteite in landelikE gebiede wat 'n groot waternood ervaar.

Dit kom nadat die DA in die Vrystaat die premier, Sisi Ntombela, en Mlakoane versoek het om dié provinsie as rampgebied te verklaar. Die DA in die Noordwes het ook aan die premier, Job Mokgoro, 'n soortgelyke versoek gerig. 


Daarmee saam het die Vryheidsfront Plus 'n dringende beroep op die regering gedoen om droogtehulpverlening voorop te stel vir kommersiële én ontwikkelende boere in provinsies wat die swaarste geraak word. Die regering moet ook die proses beter beheer en bestuur om toe te sien dat geld wat vir droogtehulp toegeken word, gebruik word. Dit kom nadat sowat R220 miljoen wat vir droogtehulp in KwaZulu-Natal toegeken is, na bewering nie daarvoor aangewend is nie. Die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder vir landbou, bosbou en visserye, Wouter Wessels, sê dit is duidelik dat die geld verdwyn het en daar moet toegesien word dat die skuldiges aan die pen ry. 


Intussen het die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), Senzeni Zokwana, met belanghebbendes soos Agri SA en Graan SA (GSA) vergader oor die omvang van die droogte wat sommige provinsies in Suid-Afrika raak.  Die departement se woordvoerder, Khaye Nkwanyana, sê Zokwana het ook 'n verslag ontvang oor hoe dié bedryf geraak word. Volgens Nkwanyana is Zokwana reeds in gesprek met die Nasionale Tesourie oor die beskikbaarheid van geld. Nkwanayan sê daar is ook besluit om 'n permanente droogtehulpfonds op die been te bring om hulp aan boere te verleen.


Hy sê kleinboere asook kommersiële boere sal baat by die regering se droogtehulp-ingryping.

EN... Enige boere wat weens die vernietigende droogte skade gely het, kom in aanmerking vir droogtehulp vanaf die regering.

Volgens dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), moet 'n assesseringsvorm van die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat  vandeesmaand voor 15 Februarie voltooi en NA die betrokke voorligtingsbeamptes gestuur word om in aanmerking te kom. Armour vra dat boere ook voltooide vorms aan VL stuur.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.