On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: FS regering kry oorsig van droogte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:53 Thu, 14 Feb 2019

Landbounuus-podcast: FS regering kry oorsig van droogte | News Article

'n Afvaardiging van die Vrystaatse regering, wat gelei word deur die Premier, Sisi Ntombela, en die LUR van Landbou, Benny Malakoane, sal die Bultfontein-gebied Donderdag besoek om 'n oorsig te kry van die droogtesituasie.


Voorsitter van Bultfontein-distrikslandbou, Herman Meiring, sê Ntombela het ná 'n ontmoeting met georganiseerde landbou dié naweek  aangedui sy gaan dié gebied, wat soos baie ander gebiede in die Vrystaat onder erge droogtetoestande gebuk gaan, Donderdag besoek. Verteenwoordigers van Vrystaat Landbou, Agri SA, en Graan SA gaan die afvaardiging ontvang, en Meiring sê opkomende en kleinboere gaan ook besoek word, omdat hulle ook deur die droogte geraak word.

Intussen sê die Nasionale Departement van Landbou Bosbou en Visserye (DAFF) 'n verslag rakende die droogtesituasie in die onderskeie provinsies is in die proses om saamgestel te word. Woordvoerder, Khaye Nkwanyana, sê voordat droogtehulp verleen kan word, moet die provinsiale departement eers vasstel wat die situasie is.

EN

Die Vryheidsfront Plus het hoofregter Raymond Zondo versoek om die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, te dwing om voor die Zondo-kommissie te verskyn. Dit om nuwe bewerings van staaskaping in dié provinsie te verduidelik. Die Vryheidsfront Plus voer aan Magashule en die voormalige LUR vir Landbou, Msebenzi Zwane, moet voor die kommissie getuig. Daarmee saam moet hulle redes verskaf oor waarom die Vrystaatse regering meer as R300 miljoen aan die Estina-maatskappy betaal het. Dit kom nadat bankstate van die Estina-maatskappy, wat deur die Gupta-familie besit word, na bewering die betaling aantoon wat dié maatskappy van die provinsiale departement van landbou ontvang het. ‘n Bedrag van meer as R334 miljoen is na bewering tussen Julie 2014 en April 2016 aan die maatskappy oorbetaal.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.