On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Regering gryp in met FS droogtehulp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:47 Fri, 15 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Regering gryp in met FS droogtehulp | News Article

Die Vrystaat is as 'n droogterampgebied verklaaromdat die regering bewus is van die uitwerking wat dié toestande op boere in dele van die provinsie het.


Die LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Benny Malakoane, sê 'n verslag wat deur Vrystaat Landbou verskaf is, rakende die invloed van die droogte op die bedryf, het daartoe bygedra dat dringende ingryping nou nodig is. Malakoane en die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, het Donderdag in Bultfontein as deel van 'n regeringsbesoek, op uitnodiging van georganiseerde landbou, gesê assesseringsvorms waarmee aansoekom droogtehulp vanaf die regering gedoen kan word, is reeds uitgedeel.

EN

Die landboubedryf is die hartklop van die Vrystaat en die bedryf is nou kniediep in die moeilikheid. Dit is die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, se reaksie op 'n verslag oor die droogte en hoe dit die bedryf in die verskillende dele van die Vrystaat raak. Ntombela het Donderdag boere in die droogtegeteisterde Bultfontein besoek om haar en ander regeringsamptenare te vergewis van die situasie in die gebied. Ntombela het gesê die regering wil boere ondersteun en gaan alles in die stryd werp om daarin te slaag. Boere moet nie wegskroom van die regering af nie, wat daardeur belemmer hulle ook die toekoms van hul nageslagte. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.