On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: China staak invoer van SA wol

───   12:36 Mon, 18 Feb 2019

Landbounuus-podcast: China staak invoer van SA wol | News Article

China het die invoer van Suid-Afrikaanse wol tydelik gestaak nadat die bek-en-klouseer virussiekte in Limpopo in Januarie uitgebreek het.


Die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, NWKV, se algemene bestuurder, Leon de Beer, sê dié besluit kom weens die feit dat die internasionale organisasie vir dieregesondheid, oftewel die OIE, Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort het. De Beer sê wolkopers het aan die einde van verlede week besluit om die weeklikse nasionale wolveiling in Port Elizabeth in die Oos-Kaap uit te stel. De Beer sê daar word op hoë vlak met betrokkenes in China onderhandel om weer die invoer van Suid-Afrikaanse wol toe te laat, en plaaslike produsente moet hoopvol bly dat woluitvoer na dié Oosterse land weer spoedig gaan plaasvind.

Agri SA se lede het 'n oplossing vir die elektrisiteitsvoorsiening in Suid-Afrika wat tans onder druk is. Dié organisasie meen sy lede het die vermoë om elektrisiteit deur sonkragopwekking te verskaf en kan sodoende beurtkrag voorkom. Die hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, Requier Wait, sê daar is reeds 'n paar sonkragstelsels in die landboubedryf wat in werking is. Wait sê die uitdaging isnou die regulasies en prosesse rondom die verbinding van die stelsels by Eskom sowel as by die nasionale energiereguleerder, Nersa. Wait sê daar is reeds 500 aansoeke vir sonkrag-opwekkingsaanlegte in die proses.

EN

Die immer-gewilde Bloemskou vind vanjaar vanaf26 April tot 4 Mei in Bloemfontein plaas.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.