On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tyd loop uit om vir Bloemskou se jaarlikse suiwelprodukkompetisie in te skryf.

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:46 Mon, 18 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Tyd loop uit om vir Bloemskou se jaarlikse suiwelprodukkompetisie in te skryf.   | News Article

Daar bestaan hoop dat die uitvoer van Suid-Afrikaanse wol na China weer spoedig hervat gaan word. Dit kom nadat dié land die invoer van Suid-Afrikaanse wol tydelik gestaak het nadat die bek-en-klouseer virussiekte in Januarie in die Vhembe-distrik in

Die Nasionale Wol-kwekers-vereniging van Suid-Afrika, se algemene bestuurder, Leon de Beer, sê China se besluit kom weens die feit dat die internasionale organisasie vir dieregesondheid, Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort het.


Hy sê China se onlangse besluit om die invoer van Suid-Afrikaanse wol tydelik te staak is 'n groot slag vir die bedryf, omdat meer as 70%  van Suid-Afrika se wol  na dié land uitgevoer word. Dit is uitsluitlik rou wol wat na China uitgevoer word.


Volgens De Beer is die markte na die Europese Unie oop vir Suid-Afrikaanse woluitvoer, terwyl Egipte en Maleisië nie wol invoer van Suid-Afrika nie omdat die land wolinvoer van 'n land met 'n bek-en-klouseervrye status vereis.

Agri SA meen sy lede kan met sowat 500 sonkrag-opwekkings aanlegte, waarvan die aansoeke in die proses is,  sowat 1 400 megawatt bydra om die druk op die Suid-Afrikaanse krag netwerk te verlig. Die hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid,  Requier Wait, sê daar is reeds 'n paar sonkrag stelsels in die landboubedryf wat in werking is. Hy sê die uitdaging is egter die regulasies en prosesse rondom die verbinding van dié stelsels by Eskom sowel as by die nasionale energiereguleerder, Nersa rondom die registrasie proses.

 

Wait sê  indien die administrasie prosessie gestroom-lyn word om die aansoeke van die 500 sonkrag-opwekkingsaanlegte te verwerk, is dit 'n gulde geleentheid vir Suid-Afrika se kragvoorsienning wat onder druk is en fase 1 beurtkrag kan verhoed word. Hy sê Agri SA sal nou saamwerk met die betrokkenes om 'n oplossing te vind.


Die tyd loop uit vir produsente om vir Bloemskou se jaarlikse suiwel produk kompetisie in te skryf.  Bloemskou, se landbou-afdeling, wat jaarliks 'n groot trek-pleister is, bied vanjaar weer dié kompetisie aan, waarvan die sluitings-datum vir inskrywings eerskomende Vrydag sluit. Elmarie Prinsloo, hoofuitvoerende beampte van Bloemskou, sê dié kompetisie is die gulde geleentheid vir alle suiwelproduk vervaardigers om hul produkte teen ander produkte te meet.

Die 15 klasse vir inskrywings sluit onder meer in botter, Gouda- en Cheddarkase en spesiale- en eksotiese kase. Altesaam tien beoordeelaars is verantwoordelik vir die  finale beoordeling op 6 Maart. Die Bloemskou vind vanaf 26 April tot 4 Mei by die Bloemfontein skouterrein plaas.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.