On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri-verwagtinge vir VS #SOPA2019

───   10:50 Tue, 19 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Agri-verwagtinge vir VS #SOPA2019 | News Article

Die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, lewer Dinsdag haar provinsiale rede by die Universiteit van die Vrystaat se Suid-kampus in Bloemfontein.


OFM-nuus se Katleho Morapela was daar en het voordie verrigtinge met die Vryheidsfront Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer,Tammie Wessels, gepraat oor die politieke party se verwagtinge, veral rakendekwessies in die landboubedryf. Volgens Wessels moet die regering se plan metdroogtehulp verduidelik word.

Intussen sê die DA in Noordwes daar sal voortgegaan word om produsente, werknemers en gemeenskappe se veiligheid in landelike gebiede hoog op die prys te stel. Leon Basson, DA-kiesafdelingshoof van Madibeng, sê die regering is al op verskeie geleenthede versoek om aandag aan die beveiliging van landelike gebiede te gee deur middel van onder meer die herinstelling van veiligheidseenhede, asook 'n spesialis ondersoekeenheid. Basson sê die 46-jarige Casper Burger van die plaas Momogaleskraal naby Brits is Sondag oorval en in 'n oor-en-weer skietery tussen hom en drie aanvallers gewond. 'n Aanvaller is ook gewond. Burger se aanval kom skaars 48 uur nadat die DA 'n protesoptog ten gunste van landelike beveiliging gehou het. Basson sê dit is teleurstellend dat die Premier van Noordwes, Job Mokgoro, verlede Vrydag in sy provinsiale rede  nie melding gemaak het van landelike veiligheid, wat 'n probleem in die provinsie is nie. Daar is ook nie na die landboubedryf verwys nie. Basson sê volgens sy inligting is Burger Sondag na sy hoenderhokke op sy plaas. Sy gesin was in hul plaashuis gewees.

EN

Die Landboubesigheidskamer, Agbiz, het sy eeufeesbeurs vir 2019 toegeken aan 'n 24-jarige vrou wat 'n BSc- landbougraad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) voltooi het. Lerato Ramafoko voltooi nou 'n meestersgraad in landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch (US). Haar voorgestelde navorsingsveld sal fokus op die verhouding tussen voedselsekuriteit en die omgewing. Volgens Agbiz se Karen Grobler het Ramafoko 'n uitsonderlike akademiese rekord. Daarmee saam word daar gepoog om met dié jaarlikse beurs, ter waarde van R35 000, navorsing op 'n meesters- of PhD-vlak in agribesigheidsverwante gebiede te bevorder.



OFM-nuus/Katleho Morapela/Christal-Lize Muller



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.